Hoërskool Monument en een van die oudste skole in Krugersdorp het op 3 Februarie hul 104e verjaarsdag gevier.
Monnas se bemarkingshoof, Belinda du Toit, het gesê Monnas bestaan al sedert 1 Februarie 1921.
“Ons het afgeskop met ‘n gedenksaalopening met alle leerders en personeel teenwoordig. Ons het dan die trotse kloktradisie voortgesit en daarna het 1 500 leerders asook personeel om die skool tot by die pawiljoene gestap en toe geesgevang. Elke voogklas het die week met kolwyntjies die skool se verjaarsdag gevier,” het sy verduidelik.
Volgens Belinda is die kloktradisie deur die 2005 se matrikulante begin.
• Lees ook: Monnas vier sy 100e verjaarsdag met ‘n musiekfees
Die News het ook die geleentheid bygewoon waar die klok op die replika monument gehang het en vyf keer deur die hoof, Johan Calitz, gelui was.
“Elke verjaarsdag is vir ons uniek. Daar is ‘n matriekgroep wat vir die laaste keer dit meemaak en ‘n splinternuwe graad 8-groep se eerste keer,” het Belinda vertel.
104 jaar se trotse tradisies en ryke geskiedeinis word gevier in dankbaarheid vir genade en seën oor ons skool,” het sy afgesluit.

