Local newsNewsUpdate

Krugersdorp vier Paul Kruger se nalatenskap

Die nuwe Paul Kruger-standbeeld het ’n simboliese stop in Krugersdorp gemaak tydens sy trek na Orania.

Krugersdorp-inwoners het vroegoggend op 27 September in groot getalle oorkant die Paardekraal Monument saamgedrom om ’n splinternuwe Paul Kruger-standbeeld te bewonder.

• Lees ook: Geskiedenis kom tot lewe in Krugersdorp

Die besoek vorm deel van die Kruger Trek na Orania-projek, waartydens ’n presiese replika van die bekende Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein in Pretoria na Orania vervoer word, met ’n simboliese stop in Krugersdorp.

Die standbeeld het om 08:30 daar aangekom en volgens Cara Tomlinson, FAK-kultuurkoördineerder vir die Noord-Kaap, was dit belangrik om by Krugersdorp stil te hou weens die dorp se ryk geskiedenis wat met Paul Kruger verbind word.

Na die aankoms is die opening gehou, waarna inwoners na die Paardekraal Monument beweeg het.

Jan en Annilda Esterhuysen by die Paardekraal Monument.

Plaaslike inwoners Nico en Tanie Janse van Rensburg het gesê hulle sou dit vir niks misloop nie.

Paul Kruger is die vader van ons kultuur, en hy sou vanjaar 200 jaar oud gewees het,” het Nico gesê.

Nico en Tanie Janse van Rensburg by die Paardekraal Monument.

Hou die 3 Oktober-uitgawe van die News dop vir ’n meer volledige berig.

Wie is Paul Kruger?

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) sê Kruger was bekend as die laaste president van die voormalige Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR).

Volgens die FAK het hy, selfs op ’n gevorderde ouderdom, groot eer en respek afgedwing deur op ’n kalm en vasberade manier vir sy volk se vryheid te veg. Ná sy dood in Switserland het die Britse owerhede vir maande geweier dat sy oorskot na Suid-Afrika teruggebring word, uit vrees dat dit Afrikanernasionalisme sou aanwakker.

Om by te voeg en selfs meer as ’n eeu ná sy dood word Kruger steeds deur baie as een van die mees invloedryke en grootste Afrikanerleiers van alle tye beskou.

• Bron: afrikanergeskiedenisco.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button