Local news

Steroptredes by Walter Sisulu Botaniese Tuine

Spoegwolf en Francois van Coke het die Walter Sisulu Botaniese Tuine met lewendige vertonings laat bruis.

Twee van die grootste name in die Afrikaanse musiekbedryf het golwe deur die Walter Sisulu Botaniese Tuine gestuur tydens ’n Sondagmiddagvertoning.

Die optredes deur Spoegwolf en Francois van Coke op 28 Junie het talle toeskouers gelok van regoor die Wes-Rand. Die News het die dag bygewoon waar inwoners kampstoele en piekniekkomberse op die grasperk uitgesprei het om ’n dag saam met familie en vriende te geniet.

Francois van Coke saam 'n jong ondersteuner op sy skouers. Foto: Johan Meyer

Van Coke het die vertoning afgeskop met verskeie van sy bekende treffers, waaronder Dagdrome in Suburbia, wat inwoners nader aan die verhoog getrek het. Spoegwolf, wat later opgetree het, het ook ’n groot indruk gemaak met liedjies soos Lenie Blou.

Kerryn Brady en Mariaan Hoffmann geniet die dag. Foto: Heinrich Greyling

’n Inwoner, Tiaan Pienaar, het die dag as energiek beskryf en gesê dit was ’n briljante vertoning.

“Ek hou van musiek, en dit is soveel beter om ’n lewendige vertoning te kyk as om alleen musiek te luister,” het hy gesê.

Tiaan en Ruan Pienaar geniet die musiek. Foto: Heinrich Greyling

Musiekliefhebber Dillon Hoffmann het gesê enige plek waar Van Coke optree, trek hulle daarheen.

“Die groepe was uitstekend. Mens kan regtig nie kla as jy twee van die beste Afrikaanse musiekgroepe op die verhoog kry nie,” het hy gesê.

Francois van Coke op die verhoog. Foto: Heinrich Greyling

Van Coke het ook ’n weergawe van Nirvana se Smells Like Teen Spirit uitgevoer, wat Dillon as een van die hoogtepunte van die dag beskryf het.

Spoegwolf op die verhoog. Foto: Johan Meyer

“Dit was ’n warm wintersdag in die botaniese tuine, saam met vriende, familie en goeie musiek. Dis moeilik om vir beter te vra. Wat vir my uitgestaan het, was toe Danie van Spoegwolf die gehoor bedank het dat hulle hul geld spandeer om die kunstenaars en Afrikaanse musiek te ondersteun. Dit was baie spesiaal. Dis lekker om kunstenaars te sien wat met soveel passie optree, maar sonder ego’s – net mense wat musiek maak omdat hulle daarvan hou en dit wil deel,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button