Crime

Man doodgeskiet tydens kaping in Muldersdrift

’n Man het sy lewe verloor nadat hy glo tydens ’n kaping in Muldersdrift geskiet is. Die gesteelde voertuig is later verlate teruggevind.

’n Man is op die aand van 9 Junie tydens ’n kaping in die Muldersdrift-omgewing doodgeskiet.

Volgens Guardmax Protection Services se verkoopsbestuurder, Gerrie van Rooyen, het hulle inligting oor geweerskote naby ’n informele nedersetting via ’n sekuriteits-WhatsApp-groep ontvang.

’n Reaksie-eenheid is na die toneel ontbied.

Van Rooyen sê met hul aankoms het ondersoeke bevestig dat ’n noodlottige kaping plaasgevind het en dat die verdagtes met die voertuig gevlug het.

• ALSO READ: Armed robbery and murder-linked suspect arrested at Key West

Gedurende die vroeë oggendure van 10 Junie het sekuriteitsbeamptes ’n verlate voertuig ontdek. Van Rooyen het bevestig dat dit dieselfde voertuig was wat tydens die kaping gesteel is.

Hy het bygevoeg dat die toneel aan die Muldersdrift-polisie oorhandig is en dat geen verdagtes nog in hegtenis geneem is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button