Municipal

‘Vandalisering van kragbokse in Krugersdorp neem toe’

Twee kragbokse is Maandag gevandaliseer en dit het 'n kragonderbreking in die Krugersdorp-middedorp veroorsaak. 'n Hawelose verdagte is in hegtenis geneem.

Die vandalisering van kragbokse in Krugersdorp is aan die toeneem.

Lourens Gouws, VF Plus-raadslid: Mogale City Plaaslike Munisipaliteit het gesê die munisipaliteit is reeds besig met herstelwerk na die jongste insident op Maandagoggend 12 September toe twee kragbokse gevandaliseer is en dit ‘n kragonderbreking in die Krugersdorp-middedorp veroorsaak het. ‘n Hawelose is deur ‘n sekuriteitsmaatskappy in verband daarmee in hegtenis geneem.

Also read: Homeless situation: SA Human Rights Commission launches investigation

“Die bewaking van kragbokse en kragvoorsieningspunte in Krugersdorp, wat ten duurste deur ‘n private sekuriteitsmaatskappy namens die Mogale City Plaaslike Munisipaliteit gedoen word om diefstal te probeer bekamp, plaas groot bykomende druk op belastingbetalers.

“Mogale City se wankelrige finansiële status word verder onder druk geplaas deur 700 kragpunte te bewaak om die diefstal van kragbokse, kragkabels en minisubstasies te probeer voorkom.

Ons is van mening dat die toevloei van haweloses, wat in honderde klein tente op sypaadjies veral in die middedorp woon, ‘n bydraende faktor tot hierdie soort misdaad kan wees. Baie van die tentbewoners het reeds na verskillende woongebiede verhuis.

“Verlede week is ‘n kragboks in Noordheuwel gevandaliseer. Inwoners van die woonbuurt was ‘n dag sonder krag. Inwoners van Mogale City (Krugersdorp, Magaliesburg en Muldersdrift) word nie net een of twee keer per dag deur beurtkrag geraak nie, maar is soms vir dae sonder krag wanneer ‘n kragboks gevandaliseer word.

“Die VF Plus doen ‘n beroep op inwoners om aan te sluit by hul plaaslike buurtwag, gemeenskapspolisiëringsforums en selfs straatforums om die diefstal van infrastruktuur by huise en ondernemings te help voorkom.”

Also read: Bob debate: Sport centre can’t guarantee the kids not being homeless in the future

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button