Municipal

‘n Stink spul by begraafplaastoilet

Een van hierdie toilette is reeds reggemaak en word toegesluit, dus is daar net een wat almal moet gebruik. Die probleem is egter dat die toilet stukkend is en 'n gesondheidsrisiko begin word.

Vir die afgelope jaar val Jannie Barnard wat in die voorste huisie van die Burgershoop-begraafplaas bly, se klagtes oor ‘n onhigiëniese en verstopte toilet op dowe ore.

Daar is drie bruikbare toilette op die begraafplaasterrein, het Barnard verduidelik. Die een is by die klein kerkie en word agter ‘n veiligheidshek toegesluit. Agter die kerk is daar nog twee wat hy, die begraafplaaswerkers en die sekuriteitspersoneel daagliks gebruik.

Een van hierdie toilette is reeds reggemaak en word toegesluit, dus is daar net een wat almal moet gebruik. Die probleem is egter dat die toilet stukkend is en ‘n gesondheidsrisiko begin word.

Barnard het aan die News vertel dat sover hy kon vasstel het die pyp wat die riool van die bak na die rioolpyp voer, op die buig afgebreek. Daarom dam die riool buite in ‘n groot gat op.

Die water in die toilet loop ook dag en nag.

Die toilet wat glo al ‘n jaar lank probleme veroorsaak.

Nog ‘n probleem is dat die haweloses wat die geriewe gebruik soms koerantpapier daarin probeer wegspoel en die toilet verstop. Hy glo dat die pype baie oud is en die hele stelsel tot by die pad vervang moet word, wat ‘n baie groot werk sal wees.

Die News het die Mogale City Plaaslike Munisipaliteit gevra vir terugvoer oor die kwessie en Henk Spamer, die bestuurder van instandhouding vir fasiliteite en geboue het gereageer.

Hy het verduidelik dat hulle nog nie ‘n formele werkversoek van die Verbuikersdepartement ontvang het vir die probleme by die begraafplaastoilette nie. Die probleem is egter terloops op 9 September onder hul aandag gebring deur een van hul loodgieters nadat hy ‘n maand tevore per telefoon gevra is om ‘n verstopte toilet in die begraafplaas te gaan oopmaak.

Spamer het verduidelik dat dit net ‘n tydelike oplossing was omdat die toilet gereeld verstop weens wangedrag, misbruik en vandalisme deur die publiek en haweloses.

Die gat vol riool as gevolg van ‘n gebreekte pyp.

Die vereiste proses om die versoek vir herstelwerk of instandhouding te rig is dus nie gevolg nie, daarom het hulle ongelukkig nog geen amptelike werkskaart op hulle rekord wat deur die betrokke departement goedgekeur is nie.

Op die News se vraag oor wie die koste van die water wat heeldag loop moet dra, het Spamer geantwoord dat die vraag aan Waterdienste gerig moet word.

Hy het egter gesê dat die departement wat met rioolsake werk van die situasie bewus gemaak is, en hulle sal dit verder opneem met die verbuikers van die fasiliteit.

Barnard het aan die News vertel dat hy dink hulle moet ‘n privaatkontrakteur kry om die werk te doen en dan ‘n veiligheidshek aanbring sodat die situasie beter beheer kan word. Hulle sal dan die rekening vir die munisipaliteit stuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button