Local news

‘n Nuwe baadjie vir Ons Winkel

Ons Winkel kry 'n nuwe baadjie vir 'n blinker toekoms.

Nie almal hou altyd van verandering nie, maar partymaal is verandering presies wat nodig is om ‘n nuwe hoofstuk af te skop.

Dit is presies wat by Solidariteit se Ons Winkel in Krugersdorp-Wes gebeur het toe die winkel onlangs ‘n paar veranderinge ondergaan het om met ‘n splinternuwe baadjie te kan spog.

Mariette Hartley, Salomi de Villiers, Janette Roux en Chantel Bissett voor die winkel. Foto’s: Adéle Bloem.

Die personeellede het baie hard gewerk om die nuwe voorraad uit te pak, en op die dag van die groot onthulling, was hulle al vroeg-vroeg gereed om hul kliënte met ballonne, heerlike eet- en drinkgoed en groot glimlagte te verwelkom.

Solidariteit Helpende Hand het ‘n netwerk van skenkingswinkels, wat as Ons Winkel bekend staan. Hierdie winkels is die middelpunt waar die gemeenskap tweedehandse goedere skenk en kan koop.

Mariette Hartley, Salomi de Villiers, Janette Roux en Chantel Bissett voor die winkel.

 

In ‘n poging om te verseker dat hierdie goed-bedoelde skenkings nie verkeerd aangewend word nie, word die skenkings verkoop om op ‘n indirekte en verantwoordelike wyse na die hulpbehoewende gemeenskap uit te reik. Die groot rede hoekom die skenkings verkoop word, is eenvoudig; die L-grootte trui sal nie vir ’n sewejarige kind pas nie, en dit sal ook nie vir sy/haar voedselbehoefte voorsiening maak nie, maar die kontant kan wel.

‘n Gedeelte van die wins van die verkope gaan ook vir studiefondse, wat dit moontlik maak vir studente wat andersins nie die geleentheid sou gehad het nie, om verder te gaan studeer. Die Ons Winkels dra nie net tot die studiefondse by nie, maar help ook om werk te skep vir die werknemers wat in die winkels werk.

Candice Swanepoel, Cecil van Rooyen en Salomi de Villiers gereed om die klante met heerlike eetgoed te verwelkom.

Daar is tans meer as 120 Ons Winkels landswyd waar skenkings af gegee kan word om te help om ‘n verskil in iemand se lewe te maak en hoop vir ‘n beter toekoms te skep.

Vir meer inligting, of om jou naaste Ons Winkel te vind, besoek gerus www.helpendehand.co.za/ons-winkel/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button