Mulderdrif-leerders blink by nasionale redenaarsfinaal uit
Van eerste plekke tot verskeie top-10-posisies – Laerskool Muldersdrif se leerders het hul redenaarstalent by twee nasionale kompetisies ten toon gestel.
Laerskool Muldersdrif se leerders het hul redenaarstalent op nasionale vlak gewys met verskeie goeie prestasies by die Interskole Redenaarsliga se nasionale finaal en die Oppie Tong Af-nasionale finaal.
Dié kompetisies het onderskeidelik op 19 September en 10 Oktober plaasgevind. Volgens Lindy Phaal, die skool se bemarker, het verskeie Mullies-leerders aan die finale deelgeneem.

Die leerders se prestasies by die Interskole Redenaarsliga se nasionale finaal was soos volg:
• Edru Eksteen (graad ses): Agtste plek in English Prepared
• Mignon Olivier (graad sewe): 10de plek in Afrikaans voorbereid
• Marli Kruger (graad vier): Vierde plek in onvoorbereide redenaars en 16de plek in voorbereide redenaars
• Linke Botha (graad vyf): Eerste plek in onvoorbereide redenaars en sesde plek in voorbereide redenaars
• Carlé Dupper (graad vyf): Deelname aan Afrikaans voorbereid
• Ian Smith (graad een): Eerste plek in Afrikaans voorbereid
• Corrie Lake (graad vier): Sewende plek in Afrikaans voorbereid
• Jordan Marais (graad twee): Sewende plek in Afrikaans voorbereid

Die skool se spanne het ook tydens die Oppie Tong Af-spanredenaarskompetisie presteer:
• Graad twee: Jordan Marais, Renier Smith, Karli Faber en Juané Roux het die vierde plek behaal
• Graad vier: Hanro Wohlfahrt, Ariella McLoughlin, Corrie Lake en Hudson Kieser het die derde plek behaal
• Graad sewe: Mignon Olivier, Kiara Olivier, Danica van Aswegen en Evert van der Merwe het die vierde plek behaal
