EntertainmentLocal news

Martin en Brendan doen dit vir die diere

Alhoewel middelmatige reënval en donderweer gedreig het om die geleentheid te bederf kon Martin Bester drie liedjies sing, en Brendan Peyper 'n volle vertoning lewer.

Met groot ywer en entoesiasme het Martin Bester en Brendan Peyper dit op Saterdag, 22 Oktober reggekry om aanhangers luidkeels te laat saam sing vir ‘n goeie doel.

Volgens Steel Pipes for Africa West Rand se Corrie Vrey en Friends of Rescued Animals (Fora) voorsitter, Schalk van der Merwe (wat ook deel vorm van Cableman Boltonia) wou hul graag ‘n fondsinsamelingprojek in die vorm van ‘n opwindende ervaring aanbied. Dié geleentheid het plaasgevind by Hoërskool Bastion.

Carmen Nel, Vionn Conjé en Nadia van Jaarsveld is gereed vir die optrede. Foto: Alanicka Lotriet.

“Op die oomblik het Fora ‘n groot kos tekort en het ons dit goedgedink om betrokke te raak. Ons het elke bywoner gevra om saam met hul kaartjie ‘n blikkiekos of sak hondekos te skenk,” het Corrie vertel.

“Die blikkieskos was egter ingesamel ten bate van Bastion se voedingskema – vir kinders in die area wat dalk nie kos het nie. Die winste was dus gelykop gedeel tussen Fora en die skool se voedingskema.”

Anica Dawson, Yolandé Dawson en Jacques Potgieter. Foto: Alanicka Lotriet.

Alhoewel middelmatige reënval en donderweer gedreig het om die geleentheid te bederf kon Martin Bester drie liedjies sing, en Brendan Peyper ‘n volle vertoning lewer.

Al was die optredes van topgehalte, meen Corrie hy is effens teleurgesteld met die lae bywoning deur gemeenskapslede en was die projek ongelukkig nie so suksesvol soos hy aanvanklik voor gehoop het nie.

Dominique Nel en Jayden du Plessis geniet ‘n roomys. Foto: Alanicka Lotriet.

Volgens Corrie is dit die eerste keer wat hul so ‘n geleentheid aanbied, maar hoop om in toekoms soortgelyke projekte aan te pak. Hy wil ook gebruik maak van die geleentheid om die dag se borge – Steel Pipes for Africa West Rand, P&P Security, Action Ford Krugersdorp en IPP Supplies – te bedank vir hul insette.

“Ek wil ook graag vir Hoërskool Bastion en veral vir Mev Lynette Jonker baie dankie sê vir al hulle harde werk en ondersteuning. As dit nie vir Mev Jonker en haar span was nie, dan sou die geleentheid nooit moontlik gewees het nie. Hulle was sterre,” het hy vertel.

“Soos mens diere help, help diere mense ook. Ek wil daarom graag die gemeenskap uitnooi om ‘n draai by Fora in Tarlton te maak om regtig te gaan kyk wat daar gedoen word. Dit is harde werk en Fora sal enige hulp of bydrae baie waardeer.”

James en Natasja Teitge saam met Christelle Wessels en Leané Teitge. Foto: Alanicka Lotriet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button