EntertainmentLocal news

Eerste Prisma Plaas- en Geskenkemark trek talle oë

Daar was kos en asemrowende goedere te koop asook heerlike plaaslike vermaak.

Daar was heerlik gebaljaar tydens die Rant-en-Dal Prisma Gemeente se Plaas- en Geskenkemark waar daar talle kos, plaaslike vermaak en natuurlik ook asemrowende handgemaakte goedere te koop was.

Heerlike suurlemoensap was beskikbaar tydens die dag.

‘n Predikant by die gemeente Adelle Swanepoel het vertel dat die mark plaasgevind het vanaf Donderdag, 27 Oktober tot Saterdag, 29 Oktober.

Daar was ‘n groot verskeidenheid items te koop soos loodglas lampe, heerlike lekkers, beskuit, koeksisters, koekies, klere, die mooiste handgemaakte oorbelle, juwele, verskeie kos en luukse badprodukte net om ‘n paar te noem.

Corina Boshoff.

Sy het vertel dat dit die gemeente se eerste boeremark was en in die verlede het hul net op ‘n Saterdag ‘n tradisionele basaar gehou. Maar die jaar het hul besluit om groot te gaan met ‘n drie dae lange mark met verskeie uitstallers.

“Dit het goed verloop en dit was vir ons lekker om te sien hoe mense weer saam kuier en bande bou.”

Pragtige juwele wat uitgestal was.

Volgens Adelle het hul besluit om die mark te hou want na die pandemie het almal ‘n bietjie uitkom nodig en hul wou die gemeenskap weer ‘n bietjie bymekaar kry.

Hulle gaan dit beslis ‘n jaarlikse instelling maak so hou hul sosiale media dop.

Emay van Wijk met haar handgemaakte oorbelle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button