KidsLocal newsPrimary School

Nories maak weer hul harte oop

Noordskool se Kersprojek is vanjaar weer 'n sukses nadat meer as 30 geskenkbokse vir minderbevoorregte gesinne asook 53 boksies wat toiletware en bederfies bevat ingesamel is.

Laerskool Krugersdorp-Noord is bekend vir hul goeie harte en vanjaar het hulle weer hul harte oopgemaak vir hulle mede-leerders.

Quintin Botha, die onderwyser wat aan die stuur van die projek is seder 2020 het vertel dat hulle hierdie jaar 33 bokse kon pak. Die skool het hul leerders gevra om tussen 17 en 21 Oktober nie-bederfbare kos in te samel en dit was ‘n sukses.

Die doel van hierdie insameling is om 33 gesinne van die skool deur hierdie moeilike tyd te help deur vir hulle ‘n maand se kos anoniem te voorsien.

Maar hul goedhartigheid het nie daar gestop nie en hulle het onlangs ook 53 boksies by die Môreglans Huis vir Bejaardes afgelaai. Die boksies is Kersfees boksies wat toiletware en bederfies bevat, asook ‘n geskenk vir die bejaardes.

Die bokse sal families deur die moeilike tyd help.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button