Local news

‘Julle is nie vergete nie’ – Veterane Bystandfonds aan oud-dienspligtiges

Die Veterane Bystandfonds het onlangs ongeveer 50 oud-dienspligtiges van die Luipaardsvlei Te Huis vir bejaardes met onder andere geskenke, voedsel en vrolike, opbouende saamsing-liedere bederf.

“Julle is nie vergete nie.”

Dit was die boodskap vanaf die Veterane Bystandfonds (VBF) aan ongeveer 50 bejaardes, wat destyds Nasionale Diensplig verrig het, tydens ‘n uitreikingsgeleentheid wat onlangs by die Luipaardsvlei Tehuis vir Bejaardes gehou is.

Direkteure van die Veterane Bystandfonds onder andere Quintus Smalman, Johan de Beer, Philip Moolman tesame met vrywilligers en werknemers het die geleentheid bygewoon. ‘n Totaal van 250kg se wildsvleis is ook geskenk, `n heerlike middagete is geborg, geskenkpakkies is aan die manne uitgedeel en het Philip Moolman (die ambassadeur van die VBF) het `n gratis musiek- en sanguitvoering gelewer met “goue oues” in Afrikaans en Engels.

Die oud-dienspligtiges teenwoordig het die geleentheid baie nostalgies en vol waardering ervaar.

Volgens Smalman was die doel om oud-dienspligtiges van die tehuis daarvan bewus te maak dat hulle nie vergete is nie.

“Die VBF is `n nie-winsgewende maatskappy, wat afhanklik is van publieke donasies, om oud-dienspligtiges wat vandag in nood verkeer, by te staan. Baie jongmense van vandag is onkundig oor die feit dat Nasionale Diensplig destyds `n wetlike verpligting was – strafbaar met tronkstraf indien `n persoon sou weier om diensplig te doen. Verder besef min mense hoeveel van hierdie veterane vandag behoeftig is; sonder familie, inkomste of heenkome en totaal afhanklik van ‘n staatspensioen en publieke donasies is om basiese voedsel, versorging en verblyf te kan bekostig. Daarom is ons dankbaar vir elke vrywillige bydrae tot die bystandfonds – hoe groot of klein ookal.”

Die manne is ook met `n heerlike middagete bederf.
Een van die Direkteure van die Veterane Bystandfonds onder andere Quintus Smalman..

Natuurlik het die oud-dienspligtiges teenwoordig die geleentheid baie nostalgies en vol waardering ervaar. Die 80-jarige Oom Hendrik byvoorbeeld, ‘n veteraan van die tehuis het vertel hy was vir twee jaar in die grensoorlog betrokke. Hy het sy been verloor toe hy in 1978 op ‘n landmyn getrap het maar ten spyte van sy ernstige besering, leef hy steeds vandag nog. Sy gesondheid is ook goed en dra hy geweldig by tot liefdadigheid in die gemeenskap.

Die manne was verteenwoordigend van `n wye verskeidenheid korpse: infanterie, pantser, vloot, lugmag en meer.
Die oud-dienspligtiges teenwoordig het die geleentheid baie nostalgies en vol waardering ervaar.

“Ons het nie veel weermagstories en staaltjies met die manne gedeel nie, behalwe om uit interessantheid te verneem in watter verskeie eenhede/ korpse hul destyds gedien het. Die manne is verteenwoordigend van `n wye verskeidenheid korpse: infanterie, pantser, vloot, lugmag en meer. Die doel van die oefening was nie so seer om oor die verlede te gesels nie, maar om hulle te omhels met samesyn, geskenke, voedsel en vrolike, opbouende saamsing-liedere,” het Smalman bygevoeg.

Geskenke is ook uitgedeel. Heel regs is Mirianna de Villiers, bestuurder van die Luipaardsvlei Tehuis vir Bejaardes.
Philip Moolman.

Die afgelope jaar het die Veterane Bystandfonds ongeveer 30 soortgelyke belewenisse by verskeie versorgingsoorde, in alle provinsies landwyd aangebied.

“Volgende jaar maak ons graag weer so, ook in Krugersdorp,” het Smalman afgesluit.

Die manne is ook met `n heerlike middagete bederf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button