CrimeLocal news

Diefstal weer bo aan EPR se misdaadlys; Monument loop meeste deur

EPR Sekuriteit se jongste misdaadverslag toon dat daar 17 voorvalle by die maatskappy aangemeld is in die tydperk van 28 November tot 4 Desember.

EPR Sekuriteit se jongste misdaadverslag dui aan dat hulle in ses dae op 17 insidente moes reageer in Mogale City.

Die verdagte wat in Chamdor gearresteer is vir inbraak. Foto: EPR Facebook-blad.

Uit dié 17 insidente was ses vir diefstal – iets wat nog die hele jaar bo aan die maatskappy se misdaadlysie lê.

Lees ook: Damage to property, break-in dominate EPR’s latest crime report of 28 incidents

Die verslag wat strek tussen 28 November en 4 Desember wys ook dat hulle op drie inbrake, een veediefstal, een poging tot moord, een roof- en een gesinsgeweld-insident gereageer het. Die ander insidente was vir ‘n oop deur, ‘n mediese voorval en gevonde eiendom.

Lees ook: Huisbraak, diefstal bly ‘n probleem wys EPR syfers

Monument het drie voorvalle gehad terwyl Vlakplaas, Silverfields, Noordheuwel, die Krugersdorp-middestad en Krugersdorp-Noord elk twee voorvalle gehad het.

Die volledige misdaadverslag vir Mogale City. Inligting verskaf.

Een van hul reaksie-offisiere, Jansen nan Vuuren het op 30 November ‘n verdagte gearresteer vir inbraak by ‘n besigheidsperseel in Adcockstraat, Chamdor. Die verdagte is aan die polisie oorhandig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button