Local news

‘Pynappel is lekker op pizza’ – jongste Solve it Squad-wenner

Die agtjarige Mullies-leerder is die News/ Pizza Perfect se Solve It Squad-wenner vir November.

Bianca Beuthe is dalk een van die min mense wat daarvan hou om pynappel op haar pizza te sit en kan nou gelukkig baie van dit bestel want sy is November-maand se Solve It Squad-wenner.

Die agtjarige leerder van Laerskool Muldersdrif het vertel dat sy die Word Search die heel meeste geniet het, veral omdat sy so klein bietjie hulp van haar pa ontvang het.

Lees ook: Hannah is the News and Pizza Perfect’s Solve it Squad winner for October!

Haar gunsteling pizza het sy vertel is beslis ‘n Hawaiian-pizza, pynappel en al. Sy voel wel dat daar twee goed is wat nie op pizza hoort nie, die eerste is vis en die tweede is avokadopeer. Haar ma, Linda, het laggend bygevoeg dat sy die enigste een in die fmailie is wat nie van avokadopeer hou nie.

Lees ook: Laruzaan is the News and Pizza Perfect’s Solve it Squad winner for September!

Sy is van plan om haar Pizza Perfect pizzas met haar familie te deel – selfs met haar 11-jarige boetie, Thomas.

Op skool is Bianca se gunsteling vakke Wiskunde en Engels, en wanneer sy nie Solve It Squad legkaarte doen of leer nie, speel sy en haar boetie graag lekker saam.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button