‘As jy ‘n kans vat, dan vat ‘n kans op jouself’
Liam Sounes van Vuuren het die afgelope paar jaar verseker dat mense in die modelwêreld weet wie hy is, hy het ook in 2022 met die titel van Mnr Sentraal Suid-Afrika huistoe gegaan.
Liam Sounes van Vuuren het verseker dat mense in die modelwêreld weet wie hy is deur in 2022 die titel van Mnr Sentraal Suid-Afrika huis toe te bring.
Die kompetisie is in Oktober 2022 by die Lords Signature Hotel in die Vaal gehou.
Also read: Modelle trotseer die verkeer om fondse in te samel
Liam het vertel dat hy die geleentheid aangegryp het nadat hy as Mnr Wesrand 2021/2022 gekies is. Hy glo dit kan hom help om ‘n groter verskil te maak deur ‘n wyer platform van mense te kan bereik. Die kompetisie het bestaan uit ‘n spanbou-kamp, ‘n deelnemers-werkswinkel en ook ‘n rondte van onderhoude.
“Ons het twee intense onderhoud rondtes gehad gevolg deur die gala-aand. Daar moes ons nie soos by ander praalvertonings ons aanddrag aantrek vir die kroning nie, maar eerder sportsdrag om te wys hoe ons handelsmerke sal verteenwoordig.”
Hy het nie gedink hy gaan wen nie veral omdat hy die oudste deelnemer was en hy het nie eers gedink hy sal top drie haal nie.
Also read: Local beauty wins kids pageant in Uganda
Liam maak nou reg vir nog twee kompetisies in 2023 en vertel dat hy graag eendag sy dorp op die Mnr Suid-Afrika-verhoog sal wil verteenwoordig.
“Vir nou wil ek die beste maak van my titel en die platform gebruik om meer bewusmaking te skep oor mans se geestesgesondheid en hoe dit nie net een persoon affekteer nie, maar die hele gemeenskap.”
Hy glo mens het nie ‘n titel nodig om ‘n verskil te maak nie maar bieg dat die titel van Mnr Sentraal wel vir hom deure oopgemaak het. Hy glo hy het ook as mens gegroei na die kompetisie, iets wat hy dink baie belangrik is vir nie net jong mans nie maar ouer mans ook.
“As jy ooit ‘n kans vat, vat dan ‘n kans op jouself!”
Wanneer dit by sy liefdadigheidswerk kom is bejaardes vir hom baie belangrik.
“Die mense wat die spore getrap het waar ons vandag loop,” het hy gesê.
Hy is ook gekies as die nasionale ambassadeur vir die Muscular Dystrophy Foundation of South Africa en werk ook om meer bewusmaking vir hulle te skep.
Vir sy jonger self sal Liam graag wil sê dat alles waaroor hy gespot is, alles wat hom uniek maak en wat ander mense nie verstaan nie, die eindste dinge is wat hy eendag van homself sal liefhê.
