Local news

Help ander deur jou kaste leeg te maak

As daai gangkas van jou nou bietjie vol raak is dit tyd om uit te gooi. En die Esperança Foundation se 40 Items in 40 Dae-projek is dalk net die aanmoediging wat jy nodig het.

Die Esperança Foundation vra weer die gemeenskap om hulle harte en kaste oop te maak en om die organisasie by te staan.

• Lees ook: Esperança se “40 items within 40 days”-projek skop af op 1 Februarie

Die 40 Items in 40 Dae-projek word elke jaar, al vir jare, deur die organsiasie geloods. Die idee is dat jy elke dag vir 40 dae ‘n item wat jy nie meer wil hê nie in ‘n sak plaas en aan die einde van die 40 dae skenk aan die organisasie.

Jy sal nou dink, wat wil hulle met my ou teekoppies maak? Wel, die organisasie gebruik die skenkings op verskeie maniere om families en individue te help. Kos en klere word vir die behoeftiges, wat bejaardes insluit, uitgedeel terwyl die ander items op hul ruil transaksie se WhatsApp-groep geadverteer word en op daardie manier ruil hulle dit vir produkte wat hulle benodig.

Yolandie Pestana, die stigter van die organisasie wat jare gelede as Hope for the Future bekend gestaan het, vertel dat hulle wel spesifieke behoeftes het wat bo aan die lys is. Daar is baie mense met mediese behoeftes wat deur hulle organisasie gehelp word.

Sy het vertel dat dinge soos Ensure (‘n vitamine aanmaakdrankie) en grootmens doeke baie duur is. Maar dan is daar ook mediese toerusting soos rolstoele, krukke en baie ander wat hulle ook uitgee. In ‘n ideale geval sal hulle die toerusting weer terugkry wanneer dit nie benodig word nie, maar dinge werk nie altyd so uit nie.

• Lees ook: Nie eers Covid-19 kry Esperança Foundation onder nie

Volgens Yolandie was die organisasie bietjie stil die afgelope paar jaar omdat sy self ‘n groot operasie ondergaan het. Hulle het wel aangehou probeer en kon verlede jaar ‘n paar mense uithelp.

Hulle wil ook hulle fokus daarop plaas om enkelma’s te help die jaar.

Behalwe vir die uitruil groep verkoop hulle ook koppies om geld in te samel en is ook tans weer opsoek na ‘n perseel om nuwe kantore op te rig.

Sonder die gemeenskap kan ons nie die mense bereik wat ons hulp nodig het nie.”

Sy het vertel dat hulle afgee punte in Krugersdorp-Noord, Noordheuwel, Krugersdorp middestad en Westonaria het maar daar kan ook by hulle opgetel word. Die 40 dae het op 6 Maart begin en eindig op 14 April.

Vir meer inligting, kontak Yolandie op 062 748 4657 of Cherise op 083 231 3203.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button