Local newsSchools

#Vrouemaand: Hoe lyk ‘n suksesvolle vrou? Skoolmeisies praat …

Vroue in die vorm van mammas, oumas, susters en kinders is kosbaar in die samelewing en die News het skoolkinders gaan vra wat 'n suksesvolle vrou vir hulle beteken.

Met die fokus op Vrouemaand/ Vrouedag, het die Krugersdorp News vir skoolmeisies gevra wat ‘n suksesvolle vrou vir hulle beteken.

Tiane Taljaard van Hoërskool Monument het gesê: “Om eendag ouma se pampoenpoffertjies te maak soos sy kan. Ek grap net. Ek sal sê dit is om heeltemal tevrede en gelukkig te wees met wat jy doen in die lewe.” Sy noem dat die vrou na wie sy opkyk in haar lewe, haar ouma Sanna is.

Tiane Taljaard.

Itumeleng Mosoetsa from Monument High said: “Basically success can be many things. It can be the goals you set for yourself and then achieving them. It could be gaining wealth and status. But being revered and respected. But to me, success is seeing someone being respected and showing love and compassion for others.” The woman she looks up to is her mom Dimakatso.

Itumeleng Mosoetsa.

Clerise Begg van Hoërskool Monument vertel: “’n Suksesvolle vrou is ‘n vrou wie se mond hoeke kan skeer van glimlag. Almal se definisie van sukses is anders. Party soek ‘n loopbaan, ander wil weer ‘n mamma of rolmodel wees. Vir my is sukses ‘n vrou wat op haar gelukkigste is.” Sy kyk op na haar ma Shirley en het vertel haar ma het haar geleer wat dit is om ‘n vrou te wees, want ‘sy doen alles vir ons’.

Clerise Begg.

Lanje Swart van Laerskool Krugersdorp-Noord het vertel as sy eendag ‘n suksesvolle vrou is wil sy ‘n veearts wees. Sy glo om hard te werk en goed te wees in wat sy doen sal haar tot daar kry. Sy kyk op na die vroue in haar familie en het vertel dat hulle almal oulik is, selfs haar tannies wat wat vir haar en haar boetie baie lekkers koop.

Lanje Swart.

Sumarie Myburgh, ook van Noordskool, will ook eendag ‘n veearts word maar sy het dit een stapie verder gevat en vertel dat sy ook graag ‘n mamma wil wees met haar eie huis. Sy kyk op na die vroue in haar familie omdat hulle so lief is vir haar.

Sumarie Myburgh.

Minke Acker van die skool vertel, “Sukses is iemand wat gelukkig is, hulle kan werk en na die huis omsien. Dit is ‘n vrou wat gemaklik lewe en by alles op haar kerfstok kan uitkom.” Sy kyk op na haar ma Charlotte wat haar troos en lei as sy hartseer is of nie lekker voel nie. Haar ma ondersteun haar ook in alles wat sy doen.

Minke Acker.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button