#Vroudag: Skoolseuns verduidelik die rol wat die mees belangrikste vrou in hul lewens speel
Die Krugersdorp News het Laerskool Krugersdorp-Noord en Hoërskool Monument besoek en by 'n paar seuns gaan uitvind hoekom hul opkyk na die vroue in hul lewens.
Die Krugersdorp News het ‘n paar jong manne van twee skole gevra wie die vroue in hul lewens is na wie hul die meeste opkyk.
Waldo de Jager van Hoërskool Monument kyk op na sy ma Yolandi.
“Deur al die struikelblokke waardeur sy en ons is, het sy ons geleer om positief te wees. Sy is die vrou wat my meeste leer hoe om aan my geloof te bou.”

Reanco Louw van Hoërskool Monument se ma Sanette is die vrou waarna hy die meeste opkyk.
“Ma werk heeltyd, sy sal nooit terugstaan vir iets nie. Sy maak altyd ‘n plan in moeilike omstandighede. Sy werk baie hard om vir ons al die geleenthede te gee in die lewe, sy wil nie hê iets moet ons terughou nie en sal uit haar pad gaan om dit vir ons te gee wat ons nodig het.”

Augustus Siabi van Laerskool Krugersdorp-Noord het vertel dat hy opkyk na sy ma Chantelle. Hy het gesê dat sy vir hom oulike goed koop vir sy verjaarsdag en dat sy die lekkerste kos in die wêreld maak. Sy is ook baie lief vir hom en sê altyd vir hom hy moet veilig wees.

Logan Swart van Laerskool Krugersdorp-Noord kyk op na sy ma Charlene en het vertel dat sy hom met alles help en dat sy hom altyd ondersteun en daar is vir hom as hy iemand nodig het. Sy ma sê altyd vir hom hy moet hard werk en as hy iets begin moet hy dit klaar maak.

Geoffery French of Monument High said he looks up to his older sister Anuschka. He said if he looks at what his sister has made of herself despite everything she and they went through, he feels inspired.
“She has taken the obstacles and made a success out of them. She still works hard and is determined. It is amazing to see.”

