Tenique slaan asems weg met haar engelstem
Tenique Laubscher het al male sonder tal toekennings opgeraap en hierdie jaar kon sy dit weer doen en is selfs vir die wêreldspan gekies.
Tenique Laubscher se musiektalent is letterlik goud werd en haar prestasies vanjaar spreek boekdele.
Nie net het sy goud en diamant-toekennings reg deur die jaar by verskeie kompetisies verwerf nie, maar het ook tydens verskeie kunstefeeste uitgeblink.
In Februarie het die 17-jarige haarself begin leer kitaar speel en haar harde werk het beslis vrugte afgewerp nadat sy twee silwer toekennings ontvang het tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.
Buiten haar merkwaardige prestasies tydens die SAs is Tenique ook genooi as eregas by onder andere die Nova Are Cantre (kore) kompetisie en Mnr en Mej Ebies van Laerskool Ebenhaeser. Sy het ook vanjaar kultuur-ereklere by haar skool ontvang.
Haar hoogtepunt van die jaar was nie een van die kompetisies waaraan sy deelgeneem het nie, maar wel die aand wat sy by Ebies se funksie opgetree het. Sy het vertel dat die gehoor baie van haar optrede gehou het en dat sy dit vreeslik geniet het.

Finansies is altyd ‘n struikelblok wanneer mens aan so baie kompetisies deelneem en hierdie jaar was geen uitsondering vir Tenique en haar gesin. Ongelukkig kon sy nie vanjaar na die wêreldkampioenskappe toe gaan nie en as gevolg van finansies sal sy ook nie volgende jaar kan gaan nie.
Sy het ook vertel dat daar wel vanjaar baie ander helpende hande was, maar ‘n laagtepunt wat uitstaan was egter toe sy lugweginfeksie gehad het tydens die SAs.
Met ‘n hele paar suksevolle jare agter haar wil Tenique nou fokus om die elektriese kitaar te leer speel. Sy het nog nie eers ‘n idee aan watter kompetisies sy volgende jaar wil deelneem nie, maar dit is ook haar matriekjaar en haar groot fokus is om goed te doen en ‘n beurs los te slaan.
Verlede jaar het Tenique haar talent vir kletsrym (rap) ontdek en hierdie jaar weer in dié kategorie deelgeneem. Sy het by die SA Kampioenskappe ‘n silwer vir kletsrym ontvang.
Teen Februarie 2024 is Tenique ook 18-jaar oud en dan wil sy kyk om by meer plekke op te tree.
Sy erken dat sy nie hierdie prestasies sou kon behaal as dit nie vir die hulp en leiding van haar vokaal-afrigter Andre Martinez was nie en beskryf hom as ”n fantastiese afrigter’.
Haar sussie, Kelsey, help haar om haar voete op die grond te hou en is ook iemand wat altyd daar is vir haar.
“Maar meeste van als dankie vir die Liewe Vader vir die talent wat ek het. Dan aan almal wat in my geglo en bygedra het tot by die SAs, baie dankie.”
Tenique se prestasies vir 2023 is as volg:
By die Youth Arts Festival:
• Diploma vir gospel musiek
• Diploma vir kontemporêre musiek
• Diploma vir eie keuse musiek
• Diploma vir musikaal
• Finalis vir eie keuse musiek
Raca:
• Gospel – diamant (twee kategorië)
• Musikaal – diamant
• Musikaal – platinum
• Kontemporêre musiek – platinum
• Kontemporêre musiek – diamant
• Eie keuse musiek – platinum (twee kategorieë)
• Kategorie wenner vir vokale musiek
Allegretto:
• Tradisionele A+++ Gala byeenkoms – algehele wenner
• Ballade – goud
• Rock musiek – goud
• Afrikaanse musiek – silwer
• Country musiek – goud
• Film – goud
• Gospel musiek – silwer
• Pop musiek – goud
• Eie keuse – goud
• Engelse musiek – goud
Dell’Arte:
• Film 90%
• Kontemporêre musiek 85%
• Rap musiek 88%
• Tradisionele musiek 84%
Vinatix:
• Faith A++ – item wenner
• Rock musiek A+++ – item wenner
• Eie keuse musiek A++ – item wenner
Instrumenteel:
• Afrikaanse musiek A++ – item wenner
• Enige ander musiek A++ – item wenner
• Eie keuse 1 A+
•Engelse musiek A++ – item wenner
• Country musiek A+++ – graad wenner
Vivarte:
• Pop musiek – goud
• Country musiek – goud en item wenner
• Gospel musiek – goud en item wenner
• Ligte musiek – goud en item wenner
• Ligte musiek – goud
• Instrumenteel – goud
• Ballade – goud
Suid-Afrikaanse Kampioenskappe toekennings waar sy Gauteng in 14 items verteenwoordig het en ook vir die wêreldspan gekies is:
• Een goud
• Drie silwer
• Een brons
