Local newsUpdate

Was die Vierdestraat skoonmaakprojek die moeite werd?

Die skoonmaakprojek het wel veranderinge gebring.

Na die Vierdestraat skoonmaakprojek wat op 12 April plaasgevind het, is daar ooglopende verbeteringe.

Die grootste probleem voor die projek was die hawelose mense wat Vierdestraat hul tuiste gemaak het. Sommiges het dus groter probleme vir die omgewing veroorsaak, soos om hul gebruikte naalde van hul dwelmmisbruik op straat te los, asook menslike ontlasting wat oral op straat sigbaar was.

Volgens Leon van Niekerk, ‘n besigheideienaar, is daar nogsteeds haweloses, maar die getal het drasties verminder na die skoonmaak.

“Die straat het vreeslik gestink, maar ek verstaan hoekom hulle dit as hul badkamer gebruik het. Die ander besigheidseienaars wou hulle nie toegang tot die badkamers gee nie,” het Van Niekerk gesê.

• Lees ook: Vierdestraat nou skoner danksy gemeenskap

Die Krugersdorp News het ‘n hawelose genader om meer duidelikheid te gee oor die situasie. Heidi Venter is al 20 jaar op straat en het dwelms in die verlede misbruik. Sy is al vir ‘n jaar en agt maande skoon, maar sê dat haar verslawing die rede is dat sy op straat is en nie ‘n werk kan kry nie.

Naalde wat op Vierdestraat gevind was tydens die skoonmaakprojek.

“Ek en die ander haweloses slaap en lewe op straat. Van hulle gebruik nog dwelms,” het Venter gesê.

Jonathan Maseko, ‘n sekuriteitswag, sê dat na die projek daar ‘n drastiese vermindering van haweloses is, en dat die straat nogsteeds in ‘n goeie toestand is.

“Van die mense kom terug, maar ons probeer om hulle weg te jaag, maar van hulle weier. Hulle dwelmmisbruik is een van die hoofredes hoekom ons hulle wegjaag,” het Maseko gesê.

Wyksraadslid Mark Trump stem saam dat die skoonmaak ‘n groot rol gespeel het om die hawelose syfer te verlaag.

“Ek voel soos ‘n plaat wat vashak aangesien ek myself voortdurend herhaal. Om net na ‘n persoon in die straat te gaan en vir hulle kos, geld of komberse en klere te gee, help hulle nie. Dit hou hulle net daar en doen nie veel aan hul omstandighede nie.

“Om te gee is so ‘n bewonderenswaardige en edele daad, maar dit moet verantwoordelik gedoen word. Daar is geregistreerde organisasies wat die haweloses behoorlik kan bystaan en versorg, so belê eerder jou skenkings aan hulle,” het Trump gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button