Local news

Minderbevoorregtes skep moed by Baadjies in Bome-inisiatief

Deo Gloria Huis gee terug aan die gemeenskap, deur deel te neem aan die Baadjies-in-Bome-inisiatief.

Op Saterdag, 18 Mei het Deo Gloria Huis ‘n Baadjies in Bome-inisiatief gehou om terug te gee aan die gemeenskap.

Die Krugersdorp News het die geleentheid bygewoon in Bustonstraat waar daar klere in bome gehang het sodat minderbevoorregte lede van die gemeenskap dit kan vat om voor te berei vir die winter. Die organisasie het ook sop en toebroodjies aan die gemeenskap voorsien.

Miles en Milan Swart saam met Louis Barnard skep sop vir die gemeenskap.

Volgens stigter van die inisiatief, Ina Botes, was dit die 58e van sy soort.

“Ek wens dat meer mense sal wil deelneem aan die inisaitief,” het sy gesê.

Louis Ransi het ook ‘n bakkie sop gekry.

Volgens die organiseerder van die inisiatief, Ronel Maud Breet, was dit wel die eerste keer wat Deo Gloria betrokke is.

Ronel Maud Breet en Steve Craucamp skep sop.

“Ons wil die minderbevoorregte mense help deur kos en klere te verskaf. Ons het ‘n sagte plek vir die gemeenskap, veral die kinders, en maak self die sop,” het Ronel afgesluit.

 
Back to top button