Local news

‘n Roos laat bejaardes bloos

Bejaardes van KCCA word met rose bederf vir Vrouedag.

Die Krugersdorpse Raad vir Bejaardesorg (KCCA) het bejaardes met die oog op Vrouedag bederf.

Volgens bestuurder van die KCCA, Kobus Garbers, was die doel van die dag om die bejaardes met ‘n ete, drankies en ‘n dans te bederf. Hy vertel verder dat die dag deur Leonie Posthumus gereĆ«l is.

Michael Nolan en Denise van der Merwe by die geleentheid.

Leonie vertel dat hulle die dag vir die bejaarde vroue spesiaal wou maak deur vir hulle rose te gee terwyl hulle op ‘n rooi tapyt stap.

Irma Viljoen sing vir die bejaardes.

Die Krugersdorp News het die geleentheid bygewoon waar die bejaardes die dag vreeslik geniet en lekker gekuier het. Daar was ook ‘n musiekuitvoering en saamsing.

Check Also
Close
Back to top button