Local news
‘n Warm bord kos word altyd waardeer
Bekende welsynsorganisasie reik uit aan die bejaarde gemeenskap van Burgershoop.
Deo Gloria, ‘n bekende welsynsorganisasie, het op Sondag, 11 Augustus minderbevoorregte bejaardes in Burgershoop bederf.
Organiseerder van die dag, Ronell Maud Breet het gesê bejaardes het onder andere kruideniersware en lekkergoed pakkies saam met ‘n warm bord kos ontvang.
“Die krag was af in Burgershoop oor die langnaweek so die bejaardes was dankbaar vir die kos wat onder andere mielierys en bredie ingesluit het,” sê Ronell.
“Die swaarkry is oorweldigend hier in die omgewing en ons doen altyd ons beste om uit te reik na die gemeenskap en bietjie verligting te bring,” het Ronell afgesluit.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
