Local news

VLU oorhandig geskenkblikkies met teddiebere as troos

Matla a Bana ontvang 93 geskenkblikkies met teddiebere van Vrouelandbou-unie (VLU) se Krugersdorp-tak.

Die Vrouelandbou-unie (VLU) se Krugersdorp-tak het byna 100 geskenkblikkies met teddiebere ingesamel vir die I Can, Can-inisiatief. Die teddiebere is toe onlangs aan Matla a Bana se mishandelde kinders geskenk.

• Lees ook: VLU bring troos aan kinders met trauma

Volgens takvoorsitter, Henriette du Toit, versprei hulle hierdie geskenkblikkies waarookal dit nodig is.

“Hierdie geskenkblikkies was self gebrei deur ons lede. Dit is als vir ‘n goeie doel,” het Henriette bygevoeg.

Matla a Bana se projekbestuurder, Lizel van Eden, het gesê hulle het reeds die geskenkblikkies aan die kinders oorhandig. Sy het bygevoeg van hulle is slagoffers van gesinsgeweld en seksuele misdrywe.

Besoek Matla a Bana se webwerf vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button