Local news

Oud-Norie maak groot naam op universiteit

Oud-Norie as deel van Akademia se studenteraad aangestel.

Corné Boer (20), ’n oudleerder van Hoërskool Noordheuwel, is onlangs tot die onafhanklike hoëronderwysinstelling, Akademia se studenteraad (SR) verkies.

Volgens mediaskakeling en inhoudspesialis by die universiteit, Annette Willemse, sal Corné die sportportefeuljepos vir die 2024/25-termyn beklee.

“Hy is tans ‘n tweedejaarstudent in die BCom [Finansiële en Bestuursrekeningkunde]-program en onderneem sy studies via die instelling se voltydse kampusmodel in Centurion,” het Annette bygevoeg.

Sy het tot die gevolgtrekking gekom dat Corné ter voorbereiding van sy nuutgevonde leiersrol op die instelling se uitvoerende komitee vir sport gedien het, waar hy veral op krieket gefokus het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button