Local news

Ondersteun só 9th Day se diere hierdie naweek

Kom ondersteun 9th Day Animal Rescue Centre hierdie Sondag om geld vir diere in te samel.

Kiara Joubert, fondsinsamelingskomitee-organiseerder van die 9th DayAnimal Rescue Centre wil die gemeenskap aanmoedig om op Sondag, 27 Oktober by hul stalletjie by Cowboy Town in West Village aan te doen waar hulle fondse vir die diere sal insamel en ook mense oor diereredding sal inlig.

Stigter van 9th Day Animal Rescue Center, Charmaine Pieterse.

“Ons is ’n skuiling waar ons nie die diere doodmaak nie en wil ook mense aanmoedig om diere aan te neem, eerder as om hulle te koop,” het sy gesê.

“Ons wil dus die gemeenskap vra om skenkings by ons stalletjie te kom maak, sodat ons vir die diere kan sorg,” het Kiara gesê.

Hulle sal van 08:00 tot 15:00 daar wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button