Local news

‘n Geblaf ter ondersteuning van 9th Day

'n Onlangse fondsinsameling deur 9th Day Animal Rescue Centre by Cowboy Town word as suksesvol beskou danksy goedhartige diereliefhebbers.

Die 9th Day Animal Rescue Centre is ‘n nie-winsgewende organisasie in Oatlands wat ‘n veilige hawe vir mishandelde en verlate diere skep.

Op 27 Oktober het diereliefhebbers in die West Village bymekaargekom om fondse vir die organisasie in te samel.

Hul fondsinsamelingskomitee-organiseerder, Kiara Joubert, het gesê hulle het Sondag ‘n stalletjie by Cowboy Town gehad waar diereprodukte en speelgoed verkoop is.

“Ons is baie dankbaar vir die gemeenskap se ondersteuning met die verkope en skenkings. Ons honde het dit natuurlik baie geniet om saam met ons daar te wees,” het Kiara die gemeenskap hartlik bedank.

Anton du Preez en een van die honde.

Behalwe vir die fondsinsameling, wil sy graag hê dat die gemeenskap bewus moet wees van wat hulle vir diere doen.

“Ons help die minderbevoorregte gemeenskap met sterilisasie, inspuitings, mediese behandeling en kos vir hul diere. Alhoewel ons nie katgeriewe het nie en meer op honde fokus, probeer ons steeds katte help waar ons ook al kan,” het Kiara verduidelik.

Sy vertel verder dat hulle ook ‘n program vir vrywillige skoolkinders het en dat die publiek ook meer as welkom is om ‘n helpende hand by te staan.

Kiara Joubert, Sanchia Pienaar, Simone Sauer en Anton du Preez wat die gemeenskap bewus wil maak.

“Wie weet, miskien ontmoet hulle ‘n nuwe beste vriend. Ons aanvaar ook skenkings van hondekos, komberse, skoonmaakmiddels of tweedehandse items wat ons kan verkoop,” het sy bygevoeg.

Indien iemand verdere inligting versoek of ‘n skenking wil maak, kan die stigter Charmaine Pieterse gekontak word by 060 406 5263 of per e-pos by charmaine@the9thday.co.za.

“Kom besoek ons by Engelbrechtstraat 29, Oatlands, Krugersdorp,” het Kiara afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button