Local news

Vroeë Kersfees vir organisasie se kinders

Save a Child het Kersfees vroeg gevier deur geskenke aan hul begunstigdes te gee.

Save a Child is ‘n landswye nie-winsgewende organisasie wat doeke verskaf en versorging bied aan kinders met serebraal gestremdheid.

Op 2 November het dié organisasie hul toewyding gewys met hul jaarlikse Kersete.

Vanessa en Shawn da Gama saam Shernay Abrahams.

Boet Jonk, voorsitter van Save a Child, het gesê hulle doen dit jaarliks, waar hul personeel geskenke vir die begunstigdes en skenkers van die organisasie insamel.

“Ons het ook ’n Kersete gehad met die geleentheid om dankie te sê aan almal wat by ons betrokke is,” het Boet gesê.

Rudi, Charle-Nic en Magda Luwis by die Kersete.

Die Krugersdorp News het die dag bygewoon wat in Muldersdrift plaasgevind het, waar almal uiters opgewonde was, en waar Kersvader ‘n opwagting gemaak het om die geskenke uit te deel.

Indien enige inwoner ’n skenking aan Save a Child wil maak, kontak hul kantoor by 011 953 1302.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button