Local news

Tehuis ontvang uiteindelik broodnodige befondsing

Plaaslike tehuis verduidelik die stryd wat hulle ervaar het weens vertraging in staatsbefondsing.

Befondsing is noodsaaklik vir tehuise soos Residentia Moria, waar hul inwoners afhanklik is van basiese dienste soos elektrisiteit.

Die tehuis se huishoudingsbestuurder, Gonda du Plessis, sê dit is ongelooflik belangrik om hierdie befondsing van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling te ontvang, waar hulle maande daarsonder gegaan het.

“Dit is verskriklik ingewikkeld om die goedkeuring te kry, en omdat dit so tegnies is om aansoek te doen, is dit nog moeiliker, waar jy ook aan talle vereistes moet voldoen,” het Gonda verduidelik.

Sy het verder gesê hul goedkeuring moes aan die begin van die jaar deurgekom het, maar het eers in die middel van Oktober gebeur.

“Ons was verskriklik verlig toe dit goedgekeur is, want ons moes staatmaak op fondsinsamelings om na ons bejaardes om te sien. Die grootste probleem daarmee was dat ons inwoners daaronder gelei het. Ook, ons personeel is moeg van al die werk, want hulle moes ekstra verantwoordelikhede aanvaar,” het sy verduidelik.

Sy het tot die gevolgtrekking gekom dat hulle ook uiters dankbaar is dat lede van die gemeenskap items soos ou meubels en boumateriaal aan hulle skenk, vir opgradering aan hul perseel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button