Local news

Vroue genooi om Wêreldbiddag te vier

Die Dameskring se Krugersdorp-tak nooi die vroue van Krugersdorp om Wêreldbiddag vir Vroue op 7 Maart te vier.

Die Dameskring se Krugersdorp-tak vat graag hande met die wêreldwye organisasie, Wêreldbiddag vir Vroue en wil opgewondenheid onder vroue kweek.

Ondervoorsitter vir die tak, Dalene Kruger sê dit word op Vrydag, 7 Maart wêreldwyd aangebied en vanjaar het die Cook-eilande die program voorberei met die tema ‘Ek het jou wonderlik gemaak’ wat in Psalm 139:14 verskyn.

“Ons, saam met baie vroue in ons dorp en omliggende gebiede, is opgewonde om hierdie geleentheid aan te bied,” het sy gesê.

Dalene vra die gemeenskap om deel te kom wees van ‘n unieke byeenkoms waar inwoners saam na ‘n inspirerende boodskap kan luister, loof en bid.

“Die geleentheid is gratis en deelnemers kan iets vroliks of helder dra, en selfs blomme in hul hare sit of ’n blommekrans om hul nek dra,” het sy gesê.

Dit vind plaas by die AGS Kerk in Noordheuwel, 09:30 vir 10:00, waar Dalene afgesluit het dat sy hoop om baie vroue daar te sien.

Vir enige navrae, kontak Dalene by 082 968 8240.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button