Ponie-aanval laat 6-jarige geskend
Christi-Lee van Aswegen benodig die gemeenskap se hulp na sy 'n deur 'n ponie aangeval is.
Nadat die sesjarige Christi-Lee van Aswegen op 8 Junie ’n troeteltuin in Muldersdrift besoek het, het die ondenkbare gebeur toe ’n dier haar aangeval het.
Volgens haar ma, Daleen van Aswegen, was Christi-Lee besig om ’n ponie te voer toe dit haar skielik aangeval het.
“Die ponie het haar gebyt en ’n stuk vel van haar wang afgeruk,” het Van Aswegen gesê.

LEES MEER: Man wag meer as twee dae in ‘n stoel by ongevalle
Sy verduidelik dat die hospitaalkoste, wat operasies, rekonstruktiewe en plastiese chirurgie insluit, na raming minstens R1 miljoen beloop om Christi-Lee te help herstel.
Van Aswegen voeg by dat die gesin nie oor ’n mediese fonds beskik nie, en Christi-Lee is na ’n privaathospitaal in Johannesburg oorgeplaas.

Die gesin doen nou ’n beroep op die gemeenskap vir hulp om die mediese uitgawes te dek. Indien jy ’n donasie wil maak vir Christi-Lee se herstel, kontak gerus vir Daleen by 063 296 5729, of besoek die BackaBuddy-blad deur op die volgende skakel te kliek https://www.backabuddy.co.za/campaign/christi-lee-van-aswegen?fbclid=IwY2xjawK3UJdleHRuA2FlbQIxMABicmlkETFMaTd1VEZjM21oejdncEFEAR42QVG-fOGZXrrWw95TW1bvRIbO0dPopiakt4kkJea-MA3UtmMzxnLVA95RVg_aem_rqlh_818Cr-dWRRORo98jw
*This article was amended after it was published. The article previously stated that a horse attacked the youngster, yet the newspaper has since received confirmation that the animal was indeed a pony. Apologies for any confusion caused — Ed.
