’n Kombers van liefde vir Krugersdorp se gemeenskap
67 Blankets for Nelson Mandela Day skenk oor die 400 komberse, net voor die kouefront.
Met die winter wat Krugersdorp amptelik getref het, sal meeste inwoners saamstem: ’n eenvoudige kombers kan ’n wêreld se verskil maak om warm te bly.
• Also read: 67 Blankets and Gift of the Givers join hands to create Rainbow Nation Blanket of Hope
67 Blankets for Nelson Mandela Day, ’n nie-winsgewende organisasie, het op Vrydag, 6 Junie hul deel gedoen vir die Krugersdorp-Wes-gemeenskap deur honderde komberse aan mense in nood te skenk.
Jaco Lötter, organiseerder van die projek, het vertel dat die skenking net betyds plaasgevind het voor ’n kouefront die dorp bereik het.

“Ons het ongeveer 420 komberse geskenk,” het hy gesê.
Die komberse is onder meer aan organisasies soos Villa Gloria en Rainbow Haven Shelter oorhandig.
Ons is ’n nasionale organisasie, en oor die afgelope 12 jaar het ons al sowat 170 000 komberse geskenk,” het Jaco bygevoeg.
Vanjaar se bydraes het selfs organisasies in Roodepoort bereik.
“Ons doen dit uit liefde en omgee vir mense. Dit bring vreugde vir ons én vir die gemeenskap,” het hy afgesluit.
