Local newsUpdate

Nories vier Afrikaans bo in die wolke

Met duisende feesgangers en van die grootste name in die Afrikaanse musiekbedryf, het Hoërskool Noordheuwel se Afrikaans in die Wolke-fees Krugerdorp geskud.

Met duisende feesgangers en van die grootste name in die Afrikaanse musiekbedryf, het Hoërskool Noordheuwel se Afrikaans in die Wolke-fees Krugerdorp geskud.

Die bekende Afrikaans in die Wolke-fees het duisende Afrikaanse musiekliefhebbers na Hoërskool Noordheuwel gelok.

@caxton.jhbwest Norie hoof, Dawie Kriel vertel die geskiedenis en betekenis van Afrikaans in die Wolke. #afrikaansindiewolke #hoërskoolnoordheuwel #Afrikaans #fyp ♬ original sound – Caxton JHB West 

Volgens Nories se hoof, Dawie Kriel, het hulle beraam dat sowat 10 000 voete deur die loop van die dag oor die skoolvelde beweeg het.

• Lees ook: Afrikaans in die Wolke reeds volstoom aan die gang

Kerryn Brady en Tasmyn Wyman.

Die Krugersdorp News het die fees bygewoon en die oorweldigende gees opgemerk. Feesgangers het genoeg gehad om hulself mee te vermaak – van ’n biertuin en stalletjies tot ’n pretpark.

@caxton.jhbwest Adrian Willemse explains what Afrikaans culture means to him. #fyp #Afrikaans #hoërskoolnoordheuwel #afrikaansindiewolke ♬ original sound – Caxton JHB West 

Kunstenaars wat reeds opgetree het, sluit in Juan Boucher, Ons en Snotkop, met Early B en Die Heuwels Fantasties wat later vanaand nog die verhoog sou betree.

Een feesganger, Dillon Hoffmann, het sy trots uitgespreek om sy taal by die fees te vier. Hy het bygevoeg dat die mense en die kuier vir hom die hoogtepunt was.

@caxton.jhbwest Skare kom bymekaar om die optrede van Elandré ten volle te geniet. #fyp #Afrikaans #hoërskoolnoordheuwel #afrikaansindiewolke ♬ original sound – Caxton JHB West 

Net voor sonsondergang het twee microlights tydens Snotkop se vertoning oor die gehoor gevlieg.

“Dit is ’n ongelooflike fees. Nie net ’n Noordheuwel-fees nie, maar eerder ’n Krugersdorp-fees, met almal betrokke,” het Kriel afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button