Local news

Derde jaar van gee: Izanne se klein hartjie vir kinders word al hoe groter

Izanne Reyneke se toewyding om minderbevoorregte kinders te help, bring weer vreugde hierdie Kersfees.

Die 15-jarige Izanne Reyneke is op ’n missie om hierdie Kersseisoen ’n verskil in Krugersdorp te maak as deel van ’n plaaslike skoonheidskompetisie se gemeenskapsprojek.

Haar ma, Lezanne Kleynhans, vertel dat Izanne deur die jaar geskenke ingesamel het met die hulp van mense wat sy bymekaar gebring het. Die Hoërskool Florida-leerder gaan die geskenke aan kinders van die Miracle Mission Children’s Home uitdeel.

“Sy glo elke kind verdien om op Kersdag ’n geskenk oop te maak. Sy het ’n groot liefde vir kinders en probeer altyd help waar sy kan – al is sy self nog ’n kind,” het Lezanne gesê.

Dit is nie die eerste keer dat Izanne dit doen nie. Hierdie is al die derde jaar wat sy geskenke uitdeel tydens die feestyd.

“Om die kinders se glimlaggies en dankbaarheid te sien, is die beste gevoel op aarde. Ek is dankbaar dat ek dit elke keer kan moontlik maak,” het Izanne afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button