Nuwe datum vir trekklavier-rekordpoging vasgestel
Klipwerf Orkes se trekklavierspeler sal in Desember in sy tuisdorp weer probeer om geskiedenis te maak.
Ná ’n onlangse poging deur Klipwerf Orkes se trekklavierspeler, Christiaan Ras, om die Guinness-wêreldrekord vir die langste ononderbroke trekklavierspel te verbeter, het hy nou ’n nuwe datum vir die rekordpoging aangekondig.
Die Krugersdorp-Wes kunstenaar moes sy vorige poging op 26 Desember in die Paarl om gesondheidsredes staak, nadat hy reeds 72 uur en 40 minute aaneen gespeel het.
• Lees ook: Christiaan net kort van Guinness-rekord – SA se nommer een trekklavierspeler
Christiaan het bevestig dat hy weer in Desember, die 28ste, die rekord sal aanpak, dié keer in sy tuisdorp.
“Christelle de Franceschi beplan om in Oktober die rekord effens te verhoog. Dit gee my ’n beter aanduiding van waarna ek moet mik en ook meer tyd om deeglik voor te berei,” het Christiaan gesê.
