Local news

Spronge, hardloop en D2-stryd by Nories

Uithouvermoë, spoed en talent het tydens die D2-kampioenskappe by Hoërskool Noordheuwel sterk na vore gekom.

Die atletiekseisoen duur voort en hoërskoolkompetisies raak al hoe meer uitdagend. Atlete se uithouvermoë word deeglik getoets en sommige deelnemers val reeds uit.

Op 18 Februarie het Hoërskool Noordheuwel die D2-kampioenskappe aangebied. Volgens die skool se atletiekorganiseerder, Neville Delport, het al die skole in die distrik deelgeneem, insluitend dié so ver as Carletonville en Fochville.

Aneecka Bezuidenhout voor sy die verspringpit trotseer.

“Dit is die Gauteng-Wes-kampioenskappe wat bepaal watter atlete die distrik by die Gauteng-skolekampioenskappe gaan verteenwoordig,” het hy verduidelik. Hy het bygevoeg dat die hoogtepunt vir hom was om al die talentvolle atlete in die distrik in aksie te sien.

Lees hier: ‘Surf’s Up’ by Noordskool: Arri se verjaarsdag bring golwe van skooltrots

Die Krugersdorp News sal die uitslae publiseer sodra dit beskikbaar is – hou dus dié ruimte dop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button