Local news

Dapper Kennies wen 2 uit 5 teen Grey Kollege

Laerskool Kenmare het Grey Kollege op 10 Maart op hul tuisveld ontvang, waar jong spelers hul staal teen een van die land se top-rugbyskole getoets het.

Grey Kollege van Bloemfontein word as een van die top-rugbyskole in die land beskou en het onlangs weer teen Laerskool Kenmare kragte gemeet.

Die wedstryde het op 10 Maart op Kennies se rugbyveld plaasgevind en volgens Peter du Toit, hoof van sport, kultuur en bemarking by Kennies, speel die skole al 11 jaar teen mekaar.

Viandre Hanekom in aksie. Photo Supplied

“Ons en Grey Kollege het al 17 jaar ’n verhouding, en in dié tyd het ons meer as 20 keer teen mekaar gespeel – beurtelings by hulle en by ons. Ons het hulle ook al verskeie kere geklop, selfs weg van die huis af,” het Peter in 2023 aan die Krugersdorp News gesê.

Ben Gibbhardt in aksie.

Die uitslae van die dag is soos volg:

• o9A verloor 15–0
• o10A wen 40–5
• o11A verloor 50–14
• o13B wen 12–5
• o13A verloor 40–10

“Dit is ’n hoogtepunt om teen die beste in die land te kan deelneem. Ons is opgewonde oor die seisoen en sien uit daarna om deur rugby ’n verskil in seuns se lewens te maak,” het hy afgesluit.

Lees ook: Curamus School fundraiser promotes inclusion while raising funds

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button