Local news

Krugersdorp Klub hou ná ses jaar weer suksesvolle gholfdag

Die Krugersdorp Klub het ná ses jaar weer ’n suksesvolle gholfdag aangebied, waar 128 spelers saamgespan het om fondse in te samel vir projekte wat behoeftige bejaardes in die gemeenskap ondersteun.

Die Krugersdorp Klub, een van die dorp se oudste instansies, het op 6 Maart hul gholfdag by die Krugersdorp Gholfbaan aangebied om fondse in te samel vir ’n goeie doel.

Volgens klubvoorsitter Riaan Steenkamp was dit die eerste gholfdag wat die klub in ses jaar aangebied het.
“Voorheen het ons ongeveer vier gholfdae per jaar aangebied, maar ons het nou besluit om twee per jaar te hou,” het hy gesê.

Dirk Maritz slaan af. Photo supplied.

Daar was 128 spelers op die baan. Die fondse wat ingesamel is, sal vir die klub se lopende projekte gebruik word, spesifiek om behoeftige bejaardes in die gemeenskap te ondersteun.

“Die hoogtepunt van die dag was die opkoms van spelers en ondersteuners, met mense wat graag wil deel wees van ’n ongelooflike dag,” het hy bygevoeg.

Willem Oosthuizen put. Photo supplied.
Brandon Lok mik vir die setperk. Photo supplied.

Hy het beklemtoon dat die dag nie net vir gholfspelers bedoel was nie, maar ook as ’n geleentheid vir die gemeenskap om die voortbestaan van die Krugersdorp Klub te ondersteun en sy geskiedenis te vier.

“Ons dank elke deelnemer en ondersteuner vir die sukses van die dag en nooi almal om die geskiedenis van die klub te kom beleef – om die gevoel te kry van jare se opoffering en samewerking oor 129 jaar,” het hy afgesluit.

Lees ook: Die Spekboom – klein plant met ’n groot impak

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button