Local news

Nuwe tehuis vir bejaardes met daknatmaak gevier

Die voltooiing van The Anchor House is met ’n spesiale geleentheid gevier, waar die gemeenskap saamgespan het om ’n veilige en liefdevolle tuiste vir bejaardes in nood te ondersteun.

Die voltooiing van The Anchor House in Mindalore, wat ’n veilige en liefdevolle tuiste vir bejaardes in nood bied, is op 5 Maart met ’n spesiale daknatmaak gevier.

Volgens Elizabeth Bouwer, direkteur van die Veterane- en Vrouefonds (VVF), is die gemeenskap uitgenooi om hierdie besondere mylpaal saam te vier. Gaste is die aand vermaak deur die bekende sanger Nic Stevens en akteur Jacques Gombault.

• Lees ook: Nuwe tuiste vir bejaardes in Mindalore amptelik geopen

Luke Enslin lewer ‘n toespraak. Photo supplied.
Nic Stevens by die daknatmaak. Photo supplied.

Elizabeth het vertel dat talle gaste die geleentheid bygewoon het en dat die ontvangs van donasies een van die hoogtepunte was. Sy het die atmosfeer as samehorig beskryf, en beklemtoon dat die huis ’n beduidende verskil in die lewens van bejaardes sal maak deur vir hulle ’n gelukkige en veilige tuiste te bied.
Die Krugersdorp News het ook die geleentheid bygewoon, waar daar toesprake gelewer is oor die impak wat die huis gaan hê op bejaardes se lewens.

KYK: https://youtu.be/8rEaGZDBDZQ

“Ons vooruitsig is om die huis selfonderhoudend te maak deur die gemeenskap betrokke te kry. Ons doen ook ’n beroep op inwoners van Krugersdorp om betrokke te raak,” het sy afgesluit.

Belangstellendes wat betrokke wil raak, kan vir Susan op 064 705 2262 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button