Local news

Blitspatrolliebeamptes tree af ná dekades se diens

Met tussen 30 en 40 jaar diens elk, neem vyf toegewyde beamptes finaal afskeid van die polisie.

Die Wes-Rand-blitspatrollie het onlangs afskeid geneem van vyf beamptes wat aftree ná dekades van diens.

Die beamptes wat aftree, is:

• Adjudant-offisier Marius Bam met 42 jaar en 10 maande diens

Bevelvoerder Kolonel Langwani Shingange en Adjudant-offisier Marius Bam.

• Kaptein Rian Op’thof met 40 jaar en drie maande diens
• Adjudant-offisier Jonase John Mofokeng met 39 jaar diens

Adjudant-offisier Jonase John Mofokeng en bevelvoerder Kolonel Langwani Shingange.

• Adjudant-offisier Thabo Mokgele met 34 jaar diens

Bevelvoerder Kolonel Langwani Shingange en Adjudant-offisier Thabo Mokgele.

• Adjudant-offisier Tshimangadzo Mudau met 33 jaar en 11 maande diens

Bevelvoerder Kolonel Langwani Shingange en Adjudant-offisier Tshimangadzo Mudau.

’n Afskeidsgeleentheid is op 27 Maart gehou, waar kollegas saam met die beamptes hul loopbane gevier en afgesluit het. Elke beampte het ’n trofee ontvang as erkenning vir hul diens en het ook toesprake gelewer waarin hulle teruggekyk het op hoogtepunte in hul loopbane, die mense saam met wie hulle gewerk het, en hul dankbaarheid om deel van die eenheid te wees.

• Lees ook: Flying Squad swoops, four arrested in 48-hour crackdown

Die blitspatrollie se kommunikasiebeampte, Karen du Plessis, het bevestig dat die beamptes op 31 Maart vir die laaste keer amptelik deur hul stasie se hekke gestap het.

Indiwiduele berigte oor hierdie polisieveterane sal in die komende weke gepubliseer word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button