Local news

Kaptein Op’thof se 40-jaar-reis van uitdagings, gemeenskapsdiens en passie

Kaptein Op’thof se vier dekades van diens laat ’n onuitwisbare merk op die gemeenskap.

Vir die afgelope vier dekades het Kaptein Rian Op’thof sy lewe aan die polisiediens gewy. Hy het onlangs by die Wes-Rand-blitspatrollie afgetree, ná 40 jaar en drie maande diens. Vir hom was die aanstelling as offisier die mees gedenkwaardige oomblik in sy loopbaan.

“Oorspronklik is ek gemotiveer deur die geleentheid om saam met gedissiplineerde lede te dien en die publiek te beskerm,” het hy gesê.

Lees ook: Adjudant-offisier hang sy uniform op ná 42 jaar

Om vir so ’n lang tydperk ’n polisieman te wees, het met vele uitdagings gepaard gegaan. Een van die mees beproewende ervarings was toe hy as gyselaaronderhandelaar moes optree en ’n kind in sy arms doodgeskiet is.

Deur die jare het sy medelye vir die behoeftiges net verdiep, en een van sy grootste uitdagings was om die gemeenskap se vertroue te herwin. Hy voel hy het waarlik ’n verskil gemaak toe hy met gestremde kinders op perde gewerk het.

Hy glo dat toewyding en passie die kern is van ’n goeie blitspatrolliebeampte, en sy raad aan jong polisiemanne is om volhardend en gefokus te bly.

“Soos ek aftree, gaan ek veral die hegte vriendskappe en die omgee wat ek in die diens beleef het, mis. Ek het wonderlike, toegewyde lede met passie ontmoet. Ons het altyd saamgestaan, maak nie saak wat nie,” het hy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button