Local news

Boombewus-reeks: Waarom die wilde olyfboom ideaal is vir tuine

Die sewende uitgawe van die Boombewus-reeks verduidelik waarom die olienhout een van Suid-Afrika se gewildste inheemse bome bly.

Die wilde olyfboom is een van Suid-Afrika se mees geharde en geliefde inheemse bome.

In die sewende uitgawe van die Boombewus-reeks, wat in samewerking met die Wieg van die Mensdom-tak van die Dendrologiese Vereniging van Suid-Afrika saamgestel word, val die kollig op dié besondere boom.

Die boom staan ook bekend as die Olea europaea subsp. africana, of olienhout.

LEES OOK: Hoe om ’n gewone haakdoring te plant en versorg: Kenners gee raad

“Dit is ’n immergroen boom wat bekend is vir sy pragtige silwergroen blare en uiterste weerstand teen droogte, ryp en wind,” vertel Amanda Morris, sekretaris van die tak.

Amanda Morris langs ‘n wilde olyfboom. Foto ingestuur

Hier is die belangrikste kenmerke en gebruike van die olienhout:

• Groei, voorkoms en grootte: Die boom word gewoonlik tussen vyf en 12 meter hoog, maar kan in uitsonderlike gevalle tot 18m bereik.
• Kroon: Die boom het ’n digte, ronde kroon wat uitstekende skaduwee bied.
• Blomme en vrugte: Dit dra klein, geurige wit tot groenerige blommetjies (Oktober tot Februarie), gevolg deur klein swart bessies wat tussen Maart en Julie ryp word.
• Wortelstelsel: Die wortels kan soms aggressief wees, daarom word aanbeveel dat dit minstens vier meter van mure of swembaddens geplant word.
• Ekologiese waarde vir voëls en insekte: Die klein vruggies is ’n gunsteling onder voëls soos mikstertbyevreters en tiptolle, terwyl die blomme bye en skoenlappers lok.
• Veevoer: In droë dele word die blare dikwels as voer vir vee en wild gebruik.

Sy het afgesluit deur te sê dat die boom in die tuin ’n stadige groeier is, wat dit geskik maak vir kleiner tuine indien dit gereeld gesnoei word. Die boom is ook ’n uitstekende keuse vir bonsai-entoesiaste.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button