Leerders stap kerk toe vir besondere Hemelvaartviering
Laerskool Krugersdorp-Noord het Hemelvaartdag op ’n besonderse wyse gevier toe leerders en personeel weer saam na NG Kerk Krugersdorp-Noord gestap het vir ’n geloofsdiens.
Laerskool Krugersdorp-Noord het onlangs Hemelvaartdag gevier deur ’n geliefde tradisie voort te sit en saam kerk toe te stap.
Die viering het op 14 Mei plaasgevind, waar leerders en personeel die Hemelvaartdiens by die NG Kerk Krugersdorp-Noord bygewoon het.
Volgens Noordskool-woordvoerder Quintin Botha is die diens deur ds Jorina Redelinghuys gelei.
LEES OOK: Boombewus-reeks: Waarom die wilde olyfboom ideaal is vir tuine
“Ds Jorina het ’n besondere boodskap van hoop en geloof gebring. Noordskool spreek sy opregte dank uit aan die kerk vir die hartlike ontvangs en die geleentheid om saam as geloofsgemeenskap te kon verkeer. Dit was vir almal teenwoordig ’n betekenisvolle en geseënde ervaring,” het hy gesê.
“Ons wens al ons ouers en families ’n vreugdevolle en geseënde Hemelvaart toe. Mag ons opnuut onthou dat Jesus leef – ons hoop, ons Verlosser en ons Koning,” het hy bygevoeg.
Botha het gesê dit was besonders dat die leerders weer die geleentheid gehad het om kerk toe te stap, iets wat as ’n gevestigde tradisie beskou word.
Hy het afgesluit deur te noem dat die skool se Christelike dansgroep vroeër die oggend opgetree het voordat die optog na die kerk begin het.
