Local news

Nasionale drama-glorie vir Noordheuwel-leerder

Hoërskool Noordheuwel-leerder Johandré Viljoen se talent het hom nie net die topprys besorg nie, maar ook ’n rol in ’n radiodrama ná sy indrukwekkende vertoning in Kaapstad.

Drama loop in Johandré Viljoen se bloed nadat hy ’n besondere prestasie by die Nasionale Proscenium Dramakompetisie behaal het.

Die graad agt-leerder van Hoërskool Noordheuwel het van 6 tot 9 Mei by die Artscape-teater in Kaapstad deelgeneem en volgens sy ma, Jolene van Niekerk, die kompetisie gewen uit meer as 460 leerders.

Johandré Viljoen wys sy toekennings. Foto ingestuur

Sy het gesê die Proscenium Dramakompetisie gee hoërskoolleerders van graad agt tot 12 die geleentheid om individueel deel te neem en hul kreatiwiteit op nasionale vlak uit te leef.

“Hy het geskiedenis gemaak deur die eerste Hoërskool Noordheuwel-leerder ooit te word wat as algehele wenner van die Nasionale Proscenium Dramakompetisie aangewys is,” het Jolene gesê.

“Saam met hierdie groot eer is hy ook as die beste junior deelnemer van die kompetisie aangewys,” het sy bygevoeg.

Also read: Leerders stap kerk toe vir besondere Hemelvaartviering

Johandré Viljoen op die verhoog. Foto: Gary Naidoo

Johandré het boonop ook ’n rol in ’n radiodrama losgeslaan, wat volgens haar ’n ongelooflike geleentheid vir hom as jong kunstenaar is.

“Hierdie prestasie is vir ons as ouers, sowel as vir sy skool en gemeenskap, ongelooflik spesiaal, en ons voel dit is iets waarop ons hele gemeenskap trots kan wees.

“Baie geluk aan jou, Johandré – jy bewys weer dat harde werk, passie en ’n groot droom werklik alles moontlik maak. Ons is baie trots op jou,” het sy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button