Local news

Noordskool trots op wêreldklas-karateprestasie

Laerskool Krugersdorp-Noord se Luandro Bornman het Suid-Afrika trots gemaak toe hy ’n indrukwekkende vyfde plek by die internasionale Karate Youth League One in die Filippyne behaal het.

Laerskool Krugersdorp-Noord spog met hul eie ‘Karate Kid’, wat onlangs op die internasionale verhoog meegeding en onder die top vyf geëindig het.

Luandro Bornman het die afgelope week na die Filippyne gereis om aan die tweede Karate Youth League One in Manila deel te neem. Noordskool-woordvoerder Quintin Botha het gesê Luandro het in die o14-kumite-afdeling vir seuns onder 50kg deelgeneem en dit as ’n ongelooflike prestasie beskryf.

LEES OOK: Five-medal haul for rising swim star Jessica Caldeira

“Luandro het uitstekend gevaar en ’n indrukwekkende vyfde plek onder top internasionale karatekas behaal. Hy het om die bronsmedalje teen ’n deelnemer van Nieu-Seeland meegeding, maar ongelukkig nét daar uitgeval,” het Quintin vertel.

Hy het verder gesê die skool is ongelooflik trots op Luandro se harde werk, deursettingsvermoë, dissipline en veggees.

“Om op hierdie vlak internasionaal deel te neem, is reeds ’n groot prestasie, en ons weet hierdie is net die begin van nog groter dinge wat voorlê,” het hy bygevoeg.

Die volgende groot uitdaging wag reeds van 2 tot 13 Oktober in Pune, Indië, waar Luandro aan die agtste World Goju-Ryu Karate Federation-kampioenskappe gaan deelneem.

“Sterkte, Luandro – ons staan agter jou elke tree van die pad,” het Quintin afgesluit.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button