Local newsUpdate

Boombewus-reeks: Kweek ‘n kiepersol stap vir stap

Volg hierdie eenvoudige stappe om 'n gesonde kiepersol uit saad te kweek.

In die 11de aflewering van die Boombewus-reeks, word daar gekyk hoe om die kiepersol te plant en te onderhou.

Flip Mans, lid van die Wieg van die Mensdom-tak van die Dendrologiese Vereniging van Suid-Afrika, verduidelik om ‘n kiepersol suksesvol uit saad te kweek, moet jy die pitte saai terwyl hulle so vars as moontlik is, aangesien kiepersolsaad binne drie maande sy lewenskrag begin verloor. Die pitte ontkiem oor die algemeen maklik as hulle reg hanteer word.

• Lees ook: Boombewus: Waarom die kiepersol ‘n uitstekende tuinboom is

Volg hierdie eenvoudige stappe om jou kiepersolsaad te plant:

1. Voorbereiding van die saad: Pluk die ryp vrugte direk van ‘n kiepersol af. Vryf die vlesige vrugtepulp sagkens weg om die skoon pitte binne-in te kry.
2. Saai dadelik: Plant die skoon pitte verkieslik in die lente of somer vir die vinnigste ontkieming (binne sowat vier weke). Hy noem dit is ook belangrik om die regte houer te gebruik. Gebruik saailaaie wat ten minste 15cm diep is. Dit is noodsaaklik sodat die saailing se klein knolagtige wortelstelsel reg kan vorm.
3. Grondmengsel: Gebruik ‘n ligte, goed gedreineerde grondmengsel soos gewone potting soil gemeng met kompos.
4. Plantdiepte: Plaas die pitte op die grond en bedek hulle liggies met ‘n laag grond en deklaag van ongeveer 5mm diep.
5. Water: Maak die grond liggies nat. Dit moet konstant klam bly, maar mag nooit kletsnat (deurdrenk) wees nie, aangesien die pitte en wortels maklik vrot.
6. Versorging tydens ontkieming: Hou die saailaaie in ‘n area met halfskadu. Hy noem, as jy die saad gedurende die kouer maande saai, hou hulle binnenshuis in ‘n sonnige vertrek. Moet hulle egter nie in direkte sonlig agter glas sit nie, want die intense hitte kan die jong plantjies brand.
7. Uitplanting: Wanneer die saailinge die “twee-blaar”-stadium bereik (gewoonlik na omtrent vier maande), kan jy hulle versigtig oorplant na groter swart kwekerysakke in die tuin.

“Wanneer die boompie sterk genoeg is vir die tuin, kies ‘n baie sonnige, goed gedreineerde area. Onthou dat volgroeide kiepersolle massiewe, vlesige wortelstelsels het, so moenie hulle te naby aan plaveisel, swembaddens of fondasies plant nie,” sluit hy af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button