Primary SchoolSchools

Noordskool getuig van ‘n goeie jaar

Laerskool Krugersdorp-Noord se hoof, Charles Miller, kyk terug op 2022 en wens die gemeenskap 'n geseënde Kerstyd toe.

Die News het by die hoof van Laerskool Krugersdorp-Noord, Charles Miller gaan uitvind wat sy seënwense aan Krugersdorp se gemeenskap is.

“Die einde van die akademiese jaar het aangebreek en ons staan in verwondering oor alles waarmee ons as Noordskool so ryklik geseënd is.

“Daar was soveel hoogtepunte hierdie jaar. Ons kon weer in verskeie sportsoorte meeding. Leerders se ontwikkeling en spangees het geseëvier. Daar was die dae van pret soos die kaskardag, graad 1-atletiek, graad 7-afskeid en vele meer wat plaas gevind het. Die erkenningsfunksies vanaf graad 1-7 het getuig van ons leerders se puik prestasies op alle gebiede.

Vir al die bogenoemde wil ons, ons personeel, ouers, gemeenskap en almal wat ‘n bydra gelewer het by die sukses van ons skool, uit ons harte bedank. Dankie aan ons hemelse Vader dat Hy saam met Noordskool is.

Noordskool wens almal ‘n vreugdevolle, geseënde Kersgety toe. Mag ons almal volgende jaar veilig terugkeer vir nog ‘n suksesvolle jaar. Mag ons liewe Heer ons en die gemeenskap in oorvloed seën.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button