High SchoolSchools

Nories se Wilma Nap een van die beste in Gauteng!

Wilma Nap is nie net Hoërskool Noordheuwel se toppresteerder nie maar nommer 28 in die provinsie.

Skaam maar tog nederig en altyd getrou wanneer dit by haar skoolwerk en akademie kom – Wilma Nap is nie net Hoërskool Noordheuwel se toppresteerder nie maar ook nommer 28 in Gauteng. Sy spog met agt onderskeidings.

Tydens ‘n onderhoud met die News het Wilma haarself as ‘n leeu beskryf, wat nie bang is vir ‘n uitdaging nie. Oor haar uitmuntende prestasies het Wilma gesê, ‘ek het baie hard gewerk ja, maar ek het dit nie verwag nie’.

Volgens Wilma was Fisiese Wetenskap (Physical Science) haar moeilikste vak.

Ek weet nie hoekom nie, maar dit was net vrek moeilik. Tydens die eksamen was die vraestel tog makliker as Wiskunde en dit gebeur nie sommer nie. Toe ek ‘n opsomming van my uitslae vanaf ‘n toep kry een aand, het ek nie ‘n onderskeiding in die vak behaal nie … toe is ek woedend. Ek wou soos die Engelsman sal sê ”n gasket blaas’,” het sy gesê terwyl haar ma, Cobi, langs haar sit en giggel.

Wat haar matriekjaar betref het Wilma net goeie herinneringe gehad.

“Al is dit jou moeilikste jaar was dit tog baie pret gewees. Een van my hoogtepunte was die 40 days – en ons almal weet wat in die tydperk gebeur kan nooit verklap word nie.”

Op ‘n meer ernstige noot het Wilma gesê haar groot fokus nou is om universiteit toe te gaan.

Wilma ontvang ‘n welverdiende toekenning. Foto: Khanyisile Mahlangu

“Dit was nog altyd my doel gewees om ‘n studiebeurs te kry – daarvoor moes ek ‘n gemiddeld van 90% of meer behaal.”
Met ‘n gemiddeld van 93% het Wilma haar doelwit met vlieënde vaandels bereik.

Toe ek my uitslae amptelik op Vrydag, 20 Januarie by die skool gaan haal het, was ek in die sewende hemel. Die eerste ding wat my ma my gevra het was ‘het jy toe die gemiddeld gekry waarvoor jy so hard gewerk het my kind?’ Toe ek ja sê was daar ‘n geskreeu oral in die huis.”

Gevra waar en wat sy gaan swot het Wilma gesê, “Ek gaan Universitieit van Pretoria toe en wil graag eendag ‘n veearts word. Almal vra vir my ‘hoekom nie iets anders nie?’ maar ek is ‘n diereliefhebber in murg en been.”

Trotste mamma Cobi het oor haar dogter se prestasies gesê, “Wilma spog sedert graad 8 met ‘n gemiddeld van 90% en dit het baie harde werk geverg. Wilma is nie iemand vir sport nie en wou slegs op haar akademie fokus. Wilma was doelgerig met haar neus in die boeke en vandag pluk sy die vrugte van haar harde werk. Ons as ‘n familie is so trots op haar.”

Hoërskool Noordheuwel se plasing op sosiale media oor Wilma. Foto ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button