Schools

Nuwe naskoolsentrum vir Kenmare

Die nasorgsentrum was vir 'n jaar lank net 'n droom vir Irene van Tonder, maar met die hulp van die Kenmare Marlotii NPC, 'n maatskappy sonder winsoogmerk, kon dit 'n realiteit word.

Die nuwe Marlothii Akademie by Laerskool Kenmare gaan sorg dat leerders na skool in ‘n gelukkige en veilige omgewing kan speel en hulle huiswerk doen.

• Lees ook: Kennies loods Doele vir Drome-projek

Die nasorgsentrum was vir ‘n jaar lank net ‘n droom vir Irene van Tonder, maar met die hulp van die Kenmare Marlotii NPC, ‘n maatskappy sonder winsoogmerk, kon dit ‘n realiteit word.

Tydens die skool se opening op Woensdag, 10 Mei het Laerskool Kenmare se hoof Wouter Immelman gesê dat hul erfenis vir die skool baie belangrik is. Hulle wil die nasorgsentrum bedryf en bestuur met die Here as hul rugsteen.

Laerskool Kenmare se hoof Wouter Immelman aan die woord.

Hy het vertel dat die skool nie ‘n nasorgsentrum gehad het nie. Daar was ‘n ander sentrum maar die skool wou graag hulle eie sentrum oopmaak. Op 18 Julie 2022 het hulle met die planne begin. Omdat hulle nie ‘n lening kon kry nie het Kenmare Marlothii NPC ingestem om die plek vir hulle te bestuur. En minder as ‘n jaar later het hulle die deure van die spogsentrum oopgemaak.

Reneé Zayman, Mekayla Wessels en Yolanda Burger by die opening.

Irene, huidiglik die hoof van die sentrum, sê dat sy nie kon glo dat God haar met so ‘n pragtige skool en die mooiste kinders geseën het nie.

• Lees ook: ‘n Nuwe soort naskoolsentrum in Kenmare

Elismé Taylor van die Kenmare Marlothii NPC het gesê dat dit ‘n groot droom was waarby hulle graag wou betrokke raak en dat hulle trots is om deel te wees van die projek. Die NPC het die gebou gekoop en hulle loop hand aan hand met die skool. Sy het bygevoeg dat hulle geseënd was met die getal inskrywings en kinders by die nasorgsentrum.

Chantelle Moolman by die opening.

Wouter het bygevoeg dat daar nog baie uitbreiding is om te doen en hulle sal aanbou soos wat die gelde inkom. Hulle wil graag ander aktiwiteite bou wat die kinders sal kan besig hou.

Die sentrum bied sorg vir kinders van graad RR tot graad sewe met buitemuurse aktiwiteite soos ballet, abbakus en eksperi-maatjies.

Wouter Immeman, Elismé Taylor en Irene van Tonder by die opening.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button