Schools

Mullies-atlete tops by Top 20

Mullies-atlete het hul beste atletiekvoet voorgesit tydens die Top 20-byeenkoms in Johannesburg.

Laerskool Muldersdrif was onder die top 10 skole uit ‘n totaal van 33 wat deelgeneem het aan die Top 20-atletiekbyeenkoms wat by die UJ Stadion in Westdene gehou is.

Volgens Mullies se atletiek-organiseerder Elra Blacquiere het die skool se top 20-atlete aan 30 items deelgeneem en algeheel negende geëindig.

“Mieke van der Merwe is as die dogters baanatleet aangewys terwyl Jeorge Pretorius as die seuns baanatleet en seuns atleet vir die dag aangekondig is. Baie geluk aan Mieke en Jeorge asook elke atleet wat hul alles gegee het,” het Elra gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button